~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit die Hoof se kantoor
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Dis amper weer vakansietyd ~ lekker rus!
Ons sien mekaar weer op 1 Oktober 2007.
Lekker week!
Ferdie Maree
~~~~~~~~~
Lief en Leed
~~~~~~~~~
Baie geluk aan Juffrou Zelda Klopper wat in die vakansie op 28 September verjaar!
~~~~~~~~~~~~~~~~~
Neem asseblief kennis
~~~~~~~~~~~~~~~~~
1. BEPLANNING VIR DIE LAASTE WEEK VAN HIERDIE KWARTAAL
DI 18 SEPT ~ Siklus 8 Dag 1
Grondslagfase (Gr 1-3) Oueraand per uitnodiging/afspraak
Krieket uitspeelwedstryde o/11A teen Wierdapark (weg)
WO 19 SEPT ~ Dag 2
Skaakoefening
Merieteaand: Krieket 18:00
Krieket uitspeelwedstryde o/12A teen Wierdapark (weg)
DO 20 SEPT ~ Dag 3
Merieteaand: Hokkie 18:00
VR 21 SEPT ~ SKOOL SLUIT VIR LEERDERS OM 12:00
Verjaarsdae in die vakansie: Zelda Klopper ~ 28 September
2. BEPLANNING VIR DIE EERSTE WEEK VAN VOLGENDE KWARTAAL
MA 1 OKT ~ SKOOL HEROPEN ~ WELKOM TERUG!
Siklus 1 Dag 1
Senior Revue oefen 13:45-14:30
Atletiek: Aflos oefensessie 07:00
DI 2 OKT ~ Dag 2
Lekker verjaar, Marilèse Goldberg!
Krieket: Oorkruiswedstryde
Aflos oefensessie
Rugby: Vlak 1 Afrigtingskursus
WO 3 OKT ~ Dag 3
Lekker verjaar, Maryke Barnard!
Senior Revue oefening 13:45-14:30
Atletiek: Aflos oefensessie
Dogterskrieket: wedstryd teen BYE
DO 4 OKT ~ Dag 4
Atletiek: Aflos oefensessie
Rugby: Vlak 2 Afrigtingskursus
VR 5 OKT ~ Dag 5
Aflos-atletiekbyeenkoms o/11-o/13 Hoërskool Uitsig/Pilditch
SA 6 OKT ~ Life is a great, big canvas, and you should throw all the paint on it you can.
MA 8 OKT ~ Dag 6
Gr 6 veldskool (tot 12 Oktober)
Geen Revue as gevolg van toer
DI 9 OKT ~ Siklus 2 Dag 1
Gr 6 veldskool
Gr 4 opvoedkundige toer (tot 12 Oktober)
Krieket: Sirkeluitspeelwedstryde
Rugby: Vlak 1 kursus
3. POTJIEKOS!
Laerskool Rooihuiskraal se Potjiekosdag op Vrydag 14 September was 'n GROOT SUKSES! Baie dankie aan al ons leerders, ouers, borge en gaste se ondersteuning. Baie geluk aan die Graad 5's met julle wenpot!
Daar het Vrydagaand gedurende die Potjiekos 4 Springbokhoede weggeraak. As enige iemand daarvan weet, laat weet asseblief vir Juffrou Carien Kruger.
Daar het ook by die Gr 4-stalletjie ‘n groen kampstoel met die voorletters R.G. en ‘n Oakley-sonbril in die kantsakkie weggeraak. Kontak asseblief Lynette Grobler by 082-49-09-855 as u kan help.
4. ALGEMENE JAARVERGADERING: 22 OKTOBER
Ons gee nou reeds kennis van die Algemene Jaarvergadering wat op 22 Oktober 2007 in die skoolsaal sal plaasvind. Gedurende hierdie vergadering sal die skoolgeld vir 2008 ook vasgestel word. U insette is belangrik! Maak nou reeds ‘n aantekening in u dagboek vir hierdie belangrike vergadering. Meer inligting volg. LET ASSEBLIEF DAAROP DAT DIE DATUM VAN 29 OKTOBER (soos in verlede week se omsendbrief vermeld) NA 22 OKTOBER VERSKUIF WORD.
5. VERLORE KLERE
Ouers, ons vra weer dat u asseblief enige verlore klere by ons Verlore Goedere in die kantoor kom soek. Daar is ‘n stapel ongemerkte klere in die kantoor. Ter wille van spasie is ons genoop om dit ná die vakansie weg te gee. Kom kyk asseblief, en merk asseblief alle items duidelik ~ met die warmer weer word baadjies en skoene en kouse maklik uitgetrek en op die speelgrond vergeet.
6. GROEPFOTO’S
Die foto’s wat op 29 Augustus geneem is, kan by die betrokke sportorganiseerders teen R15-00 per foto bestel word. Die sluitingsdatum vir bestellings is 5 Oktober.
7. KIDS CD
Kids CD is ‘n baie oulike opvoedkundige CD wat ideaal vir navorsing is. Dit kan teen R75-00 per CD by Me Erna Korff bestel word.
8. VLEUELKLAVIER GESOEK
Indien enige iemand weet van ‘n vleuelklavier wat dalk aan die skool geskenk of teen ‘n goeie prys verkoop kan word, skakel asseblief die kantoor en laat u besonderhede vir Me Carien Fölscher.
~~~~~~~~
Akademie
~~~~~~~~
1. EXPO
Die uitslae van die Noord-Gauteng Expo 2007 waaraan ons leerders op 31 Augustus en 1 September deelgeneem het, is soos volg:
Pamela van Zyl ~ Silwer
Elize Janse van Rensburg ~ Brons
Michelle Smit ~ Eervolle vermelding
Ryan Niezen ~ Brons
Annelize Cordier ~ Brons
Joané Wessels ~ Brons
Baie geluk aan elke leerder met die puik prestasie. Ons is trots op julle!
~~~~~~
Kultuur
~~~~~~
1. KULTUURMERIETE
Alle leerders wat hierdie jaar in enige kultuuraktiwiteit presteer het, moet ‘n vorm by Juf Carien Fölscher kry om in te vul. Dit moet asseblief teen Vrydag 5 Oktober by Juf Carien ingehandig word, met afskrifte van jou sertifikate om die prestasies te bevestig. Geen vorms sal ná 5 Oktober aanvaar word of in aanmerking geneem word nie. Die Kultuurmeriete-aand vind op 17 Oktober 2007 plaas.
2. SENIOR REVUE OUDISIES/KEURING VIR 2008
Oudisies vir volgende jaar se Senior Revuegroep vind plaas op Woensdag 3 Oktober vir Gr 4- en Gr 6-leerders, en Maandag 8 Oktober vir Gr 3- en Gr 5-leerders. Kies ‘n liedjie op CD wat julle wil kom aanbied. Julle moet saamsing en danspassies uitwerk op maat van die musiek. Die tyd mag nie langer as 1 minuut wees nie. Wees asseblief goed voorbereid, want jy gaan nie ‘n tweede kans kry nie. Ons is veral op soek na seuns vir die Revuegroep.
Grootte van groep: ~ 1 tot 4 leerders
Plek: ~ Kunsklas
Tyd: ~ 13:45-15:00
Dis nie nodig om te “dress” nie. Kom sommer in skoolklere. Onthou jou CD!
Die huidige Revuegroep moet ook kom vir keuring.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Ons is trots op ons Rooimiere!
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Baie geluk aan die volgende leerders met hulle puik prestasies buite skoolverband:
Thinus Vermaak, Gr 4 ~ Nasionale Eisteddfod: Silwer vir Afrikaans voorbereide lees, Silwer vir Afrikaans prosa, en Goud vir Engels prosa
Nicolle Mollentze, Gr 5 en Marili Booysen, Gr 6 ~ Nasionale Eisteddfod: A++ vir beide Duet Disco en Duet Open
Nicolle Mollentze, Gr 5 ~ 2 Goue plekke vir solo’s in Tap en Hip-Hop
Leandri Greyling, Arlene Marais, Antoné Janse van Rensburg, Marili Booysen, Nicolle Mollentze, Marista van Eeden en Simoné Moller ~ Neem almal hierdie komende Saterdag deel aan die openingseremonie van die Internasionale “World Union of Karate” ~ hulle sal die dansitem “Champions” lewer wat hulle by ons Kultuur Gala-aand gedans het en waarvoor hulle ook vroeër vanjaar goue medaljes by die SA Kampioenskappe ontvang het. Kyk so 09:00 se kant Saterdag TV, want dit word direk uitgesaai!
GJ Moller, Gr 3 ~ Arende Karate Toernooi: Brons
Stefan Moran, Gr 7 ~ Arende Karate Toernooi: 2 Goud
Brian le Roux, Gr 2 ~ Karate, Provinsiale Alle-style Kampioenskappe: Goud
Stefan Moran, Gr 7 ~ Karate, Provinsiale Alle-style Kampioenskappe: 1 Goud, 1 Brons ~ kwalifiseer ook om deel te neem aan Karate Suid-Afrika se Nasionale kampioenskappe en ontvang sy Gauteng-Noord-kleure wanneer hy deelneem in Port Elizabeth
~~~~~~~~~~~~~
Onthou asseblief
~~~~~~~~~~~~~
1. ONDERRIGGELD
Onderriggeld vir 2007 is soos volg vasgestel:
• Gr 1, 2, 3, en 5: R400-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4000-00
• Gr 4 R480-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4800-00 (insluitende R800-00 vir die opvoedkundige toer)
• Gr 6 R455-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4550-00 (insluitende R550-00 vir die veldskool)
• Gr 7 R412-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4120-00 (insluitende R120-00 vir die opvoedkundige uitstappie)
Vir enige navrae, kontak asseblief vir Mev Ida Mans by 012-661-5568/9 of debiteure@laerskoolrooihuiskraal.co.za. Ons doen ‘n dringende beroep op ouers om die KORREKTE VERWYSINGSNOMMER met inbetalings te verskaf.
Ons bankbesonderhede is:
ABSA Wierdapark
Rekeninghouer: Die Laerskool Rooihuiskraal
Tjekrekening: 3260-164-847
Takkode: 632005
Ouers, net die volgende oor die betaling van skoolgeld, na aanleiding van navrae en probleme: Skoolgeld is streng vooruitbetaalbaar voor die 7de van elke maand. Dit is die bepaling op die leerder-inskrywingsvorm wat deur elke ouer aanvaar en onderteken is. Die eerste betaling vir die jaar ~ Januarie ~ moet binne die eerste week van die kwartaal plaasvind. Vir al die ander maande geld die bepaling: voor die 7de van elke maand. Indien die betalingsdatum binne die skoolvakansie val, kan u dit direk in ons bankrekening inbetaal, of binne die eerste week van die nuwe kwartaal. Indien u nie voor die 7de betaal nie, is u skoolgeldrekening AGTERSTALLIG en word dit as sulks hanteer. Indien u enigsins ‘n probleem met die betaling van u skoolgeld ervaar, tref asseblief skriftelik ‘n reëling met die Beheerliggaam, deur Me Ida Mans. Ouers wat nie die verpligte skoolgeld kan bybring nie, is welkom om aansoekvorms vir die vermindering/vrystelling daarvan by Me Ida Mans in te vul. Alle inligting word as vertroulik hanteer. U samewerking in die verband word hoog op prys gestel!
2. McCarthy Toyota Centurion
Aandag: Alle voornemende en bestaande Toyota eienaars!Bestaande eienaars: U as ouer van die skool kwalifiseer vir ‘n R100-00 afslagbewys vir u voertuig se volgende diens by McCarthy Toyota Centurion. Hierdie afslagbewys is beskikbaar by die kantoor.Voornemende eienaars: Die skool kwalifiseer vir ‘n bedrag van R500-00 vir elke nuwe of gebruikte voertuig wat u by McCarthy Toyota Centurion koop. Hierdie geld word aan die skool oorbetaal. Die nodige vorms om die transaksie te bevestig is ook by die kantoor beskikbaar en moet saam met die aansoek vir die voertuig ingedien word.
Nou is McCarthy Toyota Centurion NA-URE oop vir u gerief!
Weeksdae: 17:00-20:00
Saterdae: 12:00-17:00
Sondae: 10:00-13:00
Skakel ons by 012-653-9400
Vir navrae kan u Barney Armstrong skakel by 082-493-2318 (Skole-verteenwoordiger ~ McCarthy Toyota Centurion)
Rooimiergroete!
Tuesday, September 18, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment