Tuesday, September 11, 2007

Omsendbrief: 11 September 2007

~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit die Hoof se kantoor
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
10 LESSE WAT GROOTMENSE UIT KINDWEES KAN LEER
~ Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag. Selfs al is daar nie ‘n speelding onder in die boks nie.
~ Huiswerk saans is nie lekker nie. As jy nie jou werk in die middag afsluit nie, bederf dit jou hele aand … en jou gesin … en jou huwelik … en jou lewe.
~ Die enigste manier om uit te vind hoe iets werk is om dit uitmekaar te haal. Dinge is makliker as jy dit in klein deeltjies opdeel.
~ As jy ‘n nuwe speelding wil koop, moet jy jou sakgeld spaar. Dis hoekom 8-jariges nie kredietkaarte kry nie!
~ Nuuskierigheid is die beste manier om die lewe te leer ken … vra vrae: baie, baie vrae.
~ Die coolste grootmense is dié wat tyd maak om regtig na jou te luister. Jy wíl nog steeds ‘n cool grootmens wees, of hoe?
~ Jou lyf is gemaak om te spring en te hardloop en balle rond te gooi. In die geheime taal van kinders bestaan daar nie ‘n woord soos “fiksheid” nie ~ net “pret!”
~ Speeltyd is belangrik en lag laat jou altyd goed voel.
~ Te veel van enige iets maak jou siek ~ werk, oefen, drink, eet … alles is beter as jy by “net genoeg” stop.
~ Wees ‘n vriend soos wat jy in jou kinderdae was: lief vir pret, lojaal en sonder enige verwagtinge of vereistes.

Lekker week!
Ferdie Maree

~~~~~~~~~
Lief en Leed
~~~~~~~~~
Baie geluk aan ons terreinopsigter, Derrick Dercksen, wat op Maandag 17 September verjaar!

Daar is heelwat hartseer in ons Kraal hierdie week. Ons dink aan julle almal en bid vir troos:
~ Ons innige meegevoel met die Kilian-gesin, met die heengaan van hulle mamma.
~ Ons innige meegevoel met Juf Sarie Armstrong, met die heengaan van haar skoonpa.
~ Ons innige meegevoel met Me Ida Mans, met die heengaan van haar pa.

~~~~~~~~~~~~~~~~~
Neem asseblief kennis
~~~~~~~~~~~~~~~~~
1. WEEKSBEPLANNING
Vir die week se gebeurlikhede, kyk op ons kalender.

2. POTJIEKOS!
Vrydag 14 September is amper hier en Wêreldbekerkoors loop hoog! Kom kuier saam en eet heerlike potjiekos terwyl Nedine Blom ons vermaak … en dan … Wêreldbekerrugby op die grootskerm wanneer die Bokke vir Engeland aandurf! Daar is reeds gister ‘n finale brief met skeurstrokie vir die Potjiekos versprei. Stuur dit asseblief so gou moontlik terug. Ons sien daarna uit om Vrydag lekker saam te kuier!

3. ALGEMENE JAARVERGADERING: 29 OKTOBER
Ons gee nou reeds kennis van die Algemene Jaarvergadering wat op 29 Oktober 2007 in die skoolsaal sal plaasvind. Gedurende hierdie vergadering sal die skoolgeld vir 2008 ook vasgestel word. U insette is belangrik! Maak nou reeds ‘n aantekening in u dagboek vir hierdie belangrike vergadering. Meer inligting volg.

4. HONDE
Ouers, ons het klagtes ontvang van honde-eienaars wie se honde deur ons Rooimiere geterg word op pad skool toe of huis toe. Dit is nie net gevaarlik nie, maar skep ‘n slegte beeld van ons trotse skool. Ons het met die kinders hieroor gepraat en vra dat u vir u eie kinders se veiligheid dit ook by hulle inskerp. Kom ons behandel ander mense se diere met netsoveel respek as wat ons ons maats behandel!

5. SKOOLDRAG VIR DOGTERS
Dogters, onthou dat tekkies NIE saam met die broekrompies gedra word nie. Slegs swart skoolskoene ~ of natuurlik kaalvoete! ~ is toelaatbaar met die broekrompies. Die swart sportbroekie met die Rooimiertjie is ook nie in die klas toelaatbaar vir dogters nie. Kom ons kry ons skooldrag netjies!

6. BUSSIE NA KOSMOSDAL
Ons het vroeër hierdie jaar ‘n opname gedoen oor die moontlikheid van ‘n bussie tussen die skool en Kosmosdal, aangesien ons heelwat Rooimiere het wat daar woon. Ons wil graag weer die belangstelling toets, en vra dat u asseblief na Me Jeanne Wissing in die kantoor (012) 661-5568 laat weet indien u belangstel ~ selfs al het u voorheen aangedui dat u van die diens gebruik wil maak.

~~~~~~~~
Akademie
~~~~~~~~
1. GR 4-TOER
Aandag, alle Gr 4-ouers:
Daar is Vrydag 31 Augustus 2007 ‘n belangrike brief oor die Gr 4-toer versprei. Maak asseblief seker u het die brief ontvang. Dis die laaste een voor ons gaan toer, en alles wat u nog moet weet, is daarin vervat.
Groete, Juf Amanda Prinsloo

~~~~~
Sport
~~~~~
1. MUURBAL
Ons het Vrydag 7 September met die jaarlikse NJSA Muurbal-skoleliga begin en die uitslae is as volg:

Die A span het bestaan uit Johan Fourie, Marnus van Loggerenberg, Reinhardt Falk en Rynhard Krynauw:
Speel teen Crawford A en wen 5-1
Speel teen DSG A en wen 5-1

Die B span het bestaan uit Benjamin du Plessis, Carel Ras, Riaan Pretorius en Hannes Burger:
Speel teen CBC B1 en wen 6-0
Speel teen Crawford B en wen 4-2

Die C span het bestaan uit Clinton Frankel, Michael Hazell, Nico Ras en Andre Espach:
Speel teen Crawford C en verloor 5-1
Speel teen Midstream A en verloor 5-1

Baie geluk aan al die spelers en sterkte vir die volgende wedstryde in die liga!
Navrae: Maryna Fourie 072-1309-381 en Karen van Loggerenberg 083-4557-486

2. HOKKIE
En Rooihuiskraal seëvier weer eens! Ons het behoorlik die seisoen met vuurwerke afgesluit. Vrydag het die o/12’s teen Tygerpoort hul laaste ligawedstryd gespeel en met ‘n telling van 0-0 uit die geveg gestap. Dit was omtrent ‘n naelkou-wedstryd.

Saterdag was net so erg. Ons o/8’s en o/10’s het hul laaste wedstryde vir die seisoen by Hoërskool Uitsig gespeel, en die ander skole omtrent vir ‘n ses geslaan! Die o/8’s het teen Mayville en Olienpark gespeel en altwee die wedstryde lag-lag gewen ~ hulle was fantasties! Die o/10’s het “gerock” ~ hulle het 6 wedstryde gespeel: 4 gewen en 2 gelykop gewen.

Baie dankie aan al die ouers wat ons so pligsgetrou kom ondersteun het. Julle het beslis ‘n verskil gemaak. Baie dankie ook vir ‘n fantastiese seisoen waarin ons definitief vir die ander skole gewys het wie is Laerskool Rooihuiskraal. Hokkie Bokkies, julle was uitstekend dié jaar! Julle het julle hart uitgespeel met elke wedstryd. Dankie vir julle toewyding!

Van die skool se kant af: BAIE dankie ook aan Juffrou Jennie en haar vlytige span wat die hokkie so ‘n hoogtepunt by ons skool gemaak het. Sonder julle kon ons dit nooit gedoen het nie!

Ons merieteaand is op 20 September 2007. Meer inligting volg. Dit is dan die einde van Die Laerskool Rooihuiskraal se hokkieseisoen vir 2007.

3. BEVCRIC
Baie geluk aan ons o/8 Bevcric-seuns wat al hul wedstryde hierdie seisoen gewen het, en ook teen die o/9’s gespeel het!

Die Bevcric (Rooihuiskraal Krieketakademie) o/7- en o/8-spanne oefen elke Woensdag om 17:00. Kontak Hannes Maasdorp by 083-337-8025 vir navrae.

4. TENNIS
Baie dankie aan al ons ligaseuns wat elke Maandag net hul bes gedoen het vir Laerskool Rooihuiskraal se tennis. So is nog ‘n seisoen verby en ons sien daarna uit om in 2008 weer ons ligaspanne in te skryf.

Let asseblief daarop dat daar hierdie Donderdag 20 September en Vrydag 21 September geen tennisoefening sal wees nie, as gevolg van die Potjiekosdag en -reëlings.

~~~~~~~~~~~~~
Onthou asseblief
~~~~~~~~~~~~~
1. ONDERRIGGELD
Onderriggeld vir 2007 is soos volg vasgestel:
• Gr 1, 2, 3, en 5: R400-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4000-00
• Gr 4: R480-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4800-00 (insluitende R800-00 vir die opvoedkundige toer)
• Gr 6: R455-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4550-00 (insluitende R550-00 vir die veldskool)
• Gr 7: R412-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4120-00 (insluitende R120-00 vir die opvoedkundige uitstappie)

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Me Ida Mans by 012-661-5568/9 of debiteure@laerskoolrooihuiskraal.co.za. Ons doen ‘n dringende beroep op ouers om die KORREKTE VERWYSINGSNOMMER met inbetalings te verskaf.

Ons bankbesonderhede is:
ABSA Wierdapark
Rekeninghouer: Die Laerskool Rooihuiskraal
Tjekrekening: 3260-164-847
Takkode: 632005

Ouers, net die volgende oor die betaling van skoolgeld, na aanleiding van navrae en probleme: Skoolgeld is streng vooruitbetaalbaar voor die 7de van elke maand. Dit is die bepaling op die leerder-inskrywingsvorm wat deur elke ouer aanvaar en onderteken is. Die eerste betaling vir die jaar ~ Januarie ~ moet binne die eerste week van die kwartaal plaasvind. Vir al die ander maande geld die bepaling: voor die 7de van elke maand. Indien die betalingsdatum binne die skoolvakansie val, kan u dit direk in ons bankrekening inbetaal, of binne die eerste week van die nuwe kwartaal. Indien u nie voor die 7de betaal nie, is u skoolgeldrekening AGTERSTALLIG en word dit as sulks hanteer. Indien u enigsins ‘n probleem met die betaling van u skoolgeld ervaar, tref asseblief skriftelik ‘n reëling met die Beheerliggaam, deur Me Ida Mans. Ouers wat nie die verpligte skoolgeld kan bybring nie, is welkom om aansoekvorms vir die vermindering/vrystelling daarvan by Me Ida Mans in te vul. Alle inligting word as vertroulik hanteer. U samewerking in die verband word hoog op prys gestel!

2. WINSKOPIE VAN DIE JAAR!
Soos u reeds weet, is daar ‘n nuwe Corolla. Vrydagaand is hy te sien by Laerskool Rooihuiskraal tydens ons Potjiekos-verrigtinge. 2006 en 2007 modelle is afgemerk en teen ongelooflike winskopies beskikbaar. Kontak Chris Pirrie by 082-458-5223.

Rooimiergroete!

No comments: