Uit die Hoof se kantoor:
Fokus!
Baie welkom terug in die vierde en laaste kwartaal van die jaar. Ons hoop almal het lekker uitgerus gedurende die kort vakansietjie.
Of jy nou kans gekry het om uit te rus of nie, hoe benader jy hierdie nuwe kwartaal? Hoe vind jy die energie en die motivering om die laaste paar maande van die jaar die beste nóg van 2007 te maak?
Dit gaan alles oor fokus.
Fokus hierdie kwartaal om die beste te gee en te lééf. Het jy al hieraan gedink: Jy gaan nooit weer in jou lewe hierdie Oktober en hierdie November 2007 beleef nie. Jy gaan nooit weer in jou lewe vandag oorhê nie!
Wat gaan jy doen sodat jy aan die einde van vandag kan sê: “Hierdie was ‘n goeie dag; ek het iets geleer, ek het iets reggekry, en ek is tevrede”? Wat gaan jy doen om hierdie maand die bobaas-maand van die jaar te maak? Wat gaan jy doen om hierdie kwartaal jou heel beste ooit te maak?
“Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.” ~ 1 Korinthiërs 10:31
Lekker week!
Ferdie Maree
Lief & Leed
Fokus!
Baie welkom terug in die vierde en laaste kwartaal van die jaar. Ons hoop almal het lekker uitgerus gedurende die kort vakansietjie.
Of jy nou kans gekry het om uit te rus of nie, hoe benader jy hierdie nuwe kwartaal? Hoe vind jy die energie en die motivering om die laaste paar maande van die jaar die beste nóg van 2007 te maak?
Dit gaan alles oor fokus.
Fokus hierdie kwartaal om die beste te gee en te lééf. Het jy al hieraan gedink: Jy gaan nooit weer in jou lewe hierdie Oktober en hierdie November 2007 beleef nie. Jy gaan nooit weer in jou lewe vandag oorhê nie!
Wat gaan jy doen sodat jy aan die einde van vandag kan sê: “Hierdie was ‘n goeie dag; ek het iets geleer, ek het iets reggekry, en ek is tevrede”? Wat gaan jy doen om hierdie maand die bobaas-maand van die jaar te maak? Wat gaan jy doen om hierdie kwartaal jou heel beste ooit te maak?
“Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.” ~ 1 Korinthiërs 10:31
Lekker week!
Ferdie Maree
Lief & Leed
- Baie geluk aan Juffrou Marilèse Goldberg wat vandag verjaar!
- Baie geluk aan Juffrou Maryke Barnard wat Woensdag 3 Oktober verjaar!
- Baie welkom terug aan Juffrou Ilse-Lee Cory, na haar kraamverlof!
- Ons bid vir Juffrou Sarie Armstrong wat ernstig siek is en die hele kwartaal tuis sal aansterk ~ word gou gesond, Sarie.
1. BEPLANNING VIR HIERDIE WEEK
DI 2 OKT ~ Dag 2
Krieket: Oorkruiswedstryde
Atletiek: Aflos oefensessie
Rugby: Vlak 1 Afrigtingskursus
WO 3 OKT ~ Dag 3
Senior Revue oefening 13:45-14:30
Atletiek: Aflos oefensessie
Dogterskrieket: wedstryd teen BYE
DO 4 OKT ~ Dag 4
Atletiek: Aflos oefensessie
Rugby: Vlak 2 Afrigtingskursus
VR 5 OKT ~ Dag 5
Aflos-atletiekbyeenkoms o/11-o/13 Hoërskool Uitsig/Pilditch
MA 8 OKT ~ Dag 6
Gr 6 veldskool (tot 12 Oktober)
Geen revue-oefening as gevolg van veldskool
DI 9 OKT ~ Siklus 2 Dag 1
Gr 6 veldskool
Gr 4 opvoedkundige toer (tot 12 Oktober)
Krieket: Sirkeluitspeelwedstryde
Rugby: Vlak 1 kursus
2. ALGEMENE JAARVERGADERING: 22 OKTOBER
Onthou asseblief van die Algemene Jaarvergadering wat op 22 Oktober 2007 in die skoolsaal plaasvind. Gedurende hierdie vergadering sal die skoolgeld vir 2008 ook vasgestel word. U insette is belangrik! Maak nou reeds ‘n aantekening in u dagboek vir hierdie belangrike vergadering. Meer inligting volg.
3. GROEPFOTO’s
Die foto’s wat op 29 Augustus geneem is, kan by die betrokke sportorganiseerders teen R15-00 per foto bestel word. Die sluitingsdatum vir bestellings is 5 Oktober.
Toer- en Veldskoolnuus
- Baie sterkte aan al die Gr 6’e wat volgende week op veldskool vertrek, en al die Gr 4’s wat op toer vertrek. Geniet elke oomblik daarvan!
- Gr 4-ouers, u moet asseblief seker maak dat u kind se toergoed gereed is vir Dinsdag 9 tot Vrydag 12 Oktober. Dit gaan baie lekker wees, en nog beter as alles reg is en glad verloop. Ons almal sien uit daarna! Die belangrikste nou is dat ons asseblief al die toestemmingsbriewe met ‘n afskrif van u ID en mediese fondskaartjie terugkry. Ons benodig dit vir beide die toergangers en die tuisblyers. Toergroete, Juffrou Amanda Prinsloo
- Kospakkies uit die snoepie is vir die Gr 4’s en Gr 6’e beskikbaar teen R15-00 ‘n pakkie ~ ‘n verseëlde toebroodjie, koeldrank, pakkie skyfies en ‘n lekkertjie. Bespreek asseblief teen Vrydag 5 Oktober by Hanlie Delport by 082-725-0839. Die Gr 6’e se pakkies kan Maandagoggend 8 Oktober voorskool by die snoepie afgehaal word, en die Gr 4’s kan hulle s’n Dinsdagoggend 9 Oktober voorskool kom kry. Geniet dit, en sterkte vanuit die snoepie aan almal vir die vierde kwartaal!
Gr 7-ouers, neem asseblief kennis van die volgende belangrike inligting wat versprei sal word, en datums wat aangeteken moet word ~ bewaar hierdie inligting vir toekomstige verwysing.
1. AKADEMIE
Die volgende belangrike inligting word gedurende 1-5 Oktober aan die Gr 7’s uitgedeel:
1. Huiswerkblaadjies vir Siklus 1 tot Siklus 5
2. Afbakenings vir die eindeksamen
3. Assesseringsplan vir die vierde kwartaal
2. KULTUUR
Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die Gr 7’s:
26 Oktober: Gr 7 Bubble Bash in die skoolsaal, 18:00 tot 21:30, R40 per kind
8 November: Gr 7 Oggenddiens, NG Kerk Rooihuiskraal, Hofsangerweg, 08:00 vir 08:30, diens gelei deur Ds P H van Rooyen. Ons versoek u om die betrokke oggend ‘n bordjie eetgoed na die kerksaal te neem, vir koek en tee ná die diens.
8 November: Gr 7 Meriete-Aand in die skoolsaal, 18:00
16 November: Gr 7 Afskeidsuitstappie na Sun City, addisionele kostes sal deurgegee word
Kultuur-nuus
1. KULTUURMERIETE
Alle leerders wat hierdie jaar in enige kultuuraktiwiteit presteer het, moet ‘n vorm by Juf Carien Fölscher kry om in te vul. Dit moet asseblief teen Vrydag 5 Oktober by Juf Carien ingehandig word, met afskrifte van jou sertifikate om die prestasies te bevestig. Geen vorms sal ná 5 Oktober aanvaar word of in aanmerking geneem word nie. Die Kultuurmeriete-aand vind op 17 Oktober 2007 plaas.
2. SENIOR REVUE OUDISIES/KEURING VIR 2008
Oudisies vir volgende jaar se Senior Revuegroep vind plaas op Woensdag 3 Oktober vir Gr 4- en Gr 6-leerders, en Maandag 8 Oktober vir Gr 3- en Gr 5-leerders. Kies ‘n liedjie op CD wat julle wil kom aanbied. Julle moet saamsing en danspassies uitwerk op maat van die musiek. Die tyd mag nie langer as 1 minuut wees nie. Wees asseblief goed voorbereid, want jy gaan nie ‘n tweede kans kry nie. Ons is veral op soek na seuns vir die Revuegroep.
Grootte van groep: ~ 1 tot 4 leerders
Plek: ~ Kunsklas
Tyd: ~ 13:45-15:00
Dis nie nodig om “op te dress” nie. Kom sommer in skoolklere. Onthou jou CD!
Die huidige Revuegroep moet ook kom vir keuring.
Sport-nuus
1. BEVCRIC
Die Bevcric (Rooihuiskraal Krieketakademie) o/7- en o/8-spanne oefen elke Maandag om 17:00-18:00, en wedstryde word gespeel elke Woensdagaand om 18:00. Kontak Hannes Maasdorp by 083-337-8025.
Klerebank-nuus
BELANGRIKE INLIGTING vir die res van die kwartaal ~ bêre asseblief:
1. Die nuwe pryslys is beskikbaar. Kry gerus een by die kantoor indien u nie een ontvang het nie.
2. Vir enige probleme met klere, kontak asseblief ons vlytige Klerebankdames direk:
- Magda Rossouw ~ 083-376-1755
- Christel van Rensburg: ~ 082-712-6742
- Dinsdagmiddae van 17:00 tot 18:00
- Donderdagoggende van 07:00 tot 08:00
5. Die laaste dag waarop die Klerebank hierdie jaar oop sal wees, is Donderdagoggend 29 November.
6. Volgende jaar begin die skool op 9 Januarie 2008. Die Klerebank sal weer die dag voor die tyd oop wees, op 8 Januarie 2008, van 08:00 tot 15:00.
Ons is trots op ons Rooimiere!
Baie geluk aan die volgende leerder met haar puik prestasie buite skoolverband:
Mariet Bacon, Gr 4SA Gimnastiek: Op 29 September aan die SA Gimnastiekspele deelgeneem, en derde plek en ‘n brons medalje vir dogters o/10 Vlak 4 behaal ~ baie geluk!
Onderriggeld
Onderriggeld vir 2007 is soos volg vasgestel:
• Gr 1, 2, 3, en 5: R400-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4000-00
• Gr 4 R480-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4800-00 (insluitende R800-00 vir die opvoedkundige toer)
• Gr 6 R455-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4550-00 (insluitende R550-00 vir die veldskool)
• Gr 7 R412-00 per maand per leerder, bereken oor 10 maande = R4120-00 (insluitende R120-00 vir die opvoedkundige uitstappie)
Vir enige navrae, kontak asseblief vir Mev Ida Mans by 012-661-5568/9 of debiteure@laerskoolrooihuiskraal.co.za. Ons doen ‘n dringende beroep op ouers om die KORREKTE VERWYSINGSNOMMER met inbetalings te verskaf.
Ons bankbesonderhede is:
ABSA Wierdapark
Rekeninghouer: Die Laerskool Rooihuiskraal
Tjekrekening: 3260-164-847
Takkode: 632005
Ouers, net die volgende oor die betaling van skoolgeld, na aanleiding van navrae en probleme: Skoolgeld is streng vooruitbetaalbaar voor die 7de van elke maand. Dit is die bepaling op die leerder-inskrywingsvorm wat deur elke ouer aanvaar en onderteken is. Die eerste betaling vir die jaar ~ Januarie ~ moet binne die eerste week van die kwartaal plaasvind. Vir al die ander maande geld die bepaling: voor die 7de van elke maand. Indien die betalingsdatum binne die skoolvakansie val, kan u dit direk in ons bankrekening inbetaal, of binne die eerste week van die nuwe kwartaal. Indien u nie voor die 7de betaal nie, is u skoolgeldrekening AGTERSTALLIG en word dit as sulks hanteer. Indien u enigsins ‘n probleem met die betaling van u skoolgeld ervaar, tref asseblief skriftelik ‘n reëling met die Beheerliggaam, deur Me Ida Mans. Ouers wat nie die verpligte skoolgeld kan bybring nie, is welkom om aansoekvorms vir die vermindering of vrystelling daarvan by Me Ida Mans in te vul. Alle inligting word as vertroulik hanteer. U samewerking in die verband word hoog op prys gestel!
Rooimiergroete!
No comments:
Post a Comment