Thursday, January 31, 2008
Rooimiere se Eerste Nat Weke by Laerskool Rooihuiskraal
Reën, reën, lieflike reën val om ons heen ...
My oupa was baie lief vir ou Afrikanerliedjies, en ek moet sê dat hierdie woorde nogal die laaste paar weke baie deur my kop gemaal het. Die Rooimiere was vasgevang op die stoepe van die skool, en die juffrouens in die klasse moes skerp wees om hierdie energie van die kinders te beheer.
Vir die Graad 1-juffrouens was dit oraait want hulle kinders kon op hul tyd aan die skool se doen en late gewoond raak. Die atletiekpersoneel moes met groot frustrasie apparaat uitpak, bane merk, spanlyste skryf ... net om alles weer vinnig terug te dra en weg te pak.
En toe uiteindelik kom die son in sy volle glorie uit en die Rooimiere skarrel op die skoolterrein rond asof dit die eerste keer hierdie jaar is wat hulle buite mag speel.
Ja, die eerste weke by die skool was maar nat, maar die entoesiasme van ons skoolgees bly borrel.
Ons gesels weer, en intussen geniet ons 'n heerlike maar deurmekaar somer.
~ Francois Botha
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment