Thursday, January 31, 2008

Rooimiere se Eerste Nat Weke by Laerskool Rooihuiskraal


Reën, reën, lieflike reën val om ons heen ...

My oupa was baie lief vir ou Afrikanerliedjies, en ek moet sê dat hierdie woorde nogal die laaste paar weke baie deur my kop gemaal het. Die Rooimiere was vasgevang op die stoepe van die skool, en die juffrouens in die klasse moes skerp wees om hierdie energie van die kinders te beheer.

Vir die Graad 1-juffrouens was dit oraait want hulle kinders kon op hul tyd aan die skool se doen en late gewoond raak. Die atletiekpersoneel moes met groot frustrasie apparaat uitpak, bane merk, spanlyste skryf ... net om alles weer vinnig terug te dra en weg te pak.

En toe uiteindelik kom die son in sy volle glorie uit en die Rooimiere skarrel op die skoolterrein rond asof dit die eerste keer hierdie jaar is wat hulle buite mag speel.

Ja, die eerste weke by die skool was maar nat, maar die entoesiasme van ons skoolgees bly borrel.

Ons gesels weer, en intussen geniet ons 'n heerlike maar deurmekaar somer.

~ Francois Botha

Atletiekbyeenkoms te Laerskool Rooihuiskraal: 17 Januarie

Laerskool Rooihuiskraal bedank graag vir Laerskool Wierdapark en Laerskool Nantes, wat op 17 Januarie by ons kom atletiek hou het.

Die dag het wonderlik afgeskop, maar ongelukkig het die donderweer en swaar reën ons ingehaal. Ten spyte hiervan, kon sommige leerlinge darem kans kry om deel te neem.

Die belangrikste van alles was egter die positiewe samesyn van hierdie klomp pragtige kinders. Laerskool Rooihuiskraal sê baie dankie aan beide Wierdapark en Nantes vir hul deelname by ons uitmuntende skool!

~ Bianca Erasmus

Interne Leierkamp 2008: Reën en Nogmaals Reën



Die kamp van 2008 het afgeskop met 'n besoek aan Valley of the Waves by die "sonstad". Nie eens die beurtkrag kon ons geesdrif demp nie, en branders is gery en glybane gegly.

Omstreeks half-vyf het ons by Sundown Ranch aangekom en is ons met 'n "ysbreker" ingelyf. Swembadspele, 'n hindernisbaan, en lesings het die naweek lekker en interessant gemaak. Die glansdinee in die leeupark was beslis die hoogtepunt van die naweek.

Ons groep het as individue na die kamp vertrek, maar beslis as 'n eenheid teruggekeer.

Mnr Neil, Juf Annalize en Mnr Stephen: DANKIE vir 'n lekker naweek!

~ Francois Botha

CLASS OF 2000-and-GREAT!


Dit is vir ons 'n ontsettende groot voorreg en baie opwindend om te dink dat ons uitendelik ~ na jare se swoeg en sweet agter die skoolboeke ~ die seniors in die skool is!

As 'n groep beplan DIE KLAS VAN 2008 om hierdie DIE jaar vir Laerskool Rooihuiskraal te maak, voordat ons uitmekaar spat na verskillende hoërskole toe.

Baie van ons het as baba-Rooimiertjies saam Graad 1 begin ~ en hier is ons steeds! Ons hoop dat ons 'n voorbeeld vir die res van die skool sal wees en 'n baie positiewe nalatenskap sal hê.

Ons is opgewonde oor hierdie jaar! Kom ons maak dit werklik die JAAR 2000-en-GREAT!!!