Thursday, February 7, 2008

"In the darkness!"


"Loadshedding" ~ Hoe affekteer dit ons skool?

Beurtkrag is 'n groot probleem vir Laerskool Rooihuiskraal. Vanaf geen klokke wat lui, tot dringende afkondigings wat nie gemaak kan word nie, besef 'n mens hoe belangrik elektrisiteit is.

Ja, daar is selfs probleme met vakke soos KDA as gevolg van die beurtkrag. Die KDA-personeel sukkel om die les klaar te kry. Wie het nou gedink hulle het krag nodig? Dis dan die "fikse" mense van die skool!

Die tannies in die kantoor sukkel om hul werk gedoen te kry sonder faksmasjiene, rekenaars en afrolmasjiene wat werk.

Selfs as dit saalperiode is en die krag gaan af, kan ons nie gewyde sang hou nie.

Ja, beurtkrag is defnitief 'n groot probleem vir die Laerskool Rooihuiskraal. Om nie eens te praat van .........................................

NS. Berig kon ongelukkig nie klaar geskryf word nie, as gevolg nog 'n kragonderbreking.

~ Francois Botha

Ons Graad Eens is al tuis in hul nuwe skool!


Ek het een oggend die Graad eens so lekker sien speel, en hulle het so gevestig gelyk. Ek gaan vra toe 'n paar van hulle vrae om meer uit te vind:

Bianca Viljoen:
Sy is in die "Muis"-klas. Sy hou van die skool en volgens haar is die skool baie mooi. Sy hou ook van werk; dis vir haar baie lekker! Op haar ouderdom is sy al klaar besig met atletiek. Sy en twee van haar maatjies speel lekker saam.

Tatym-Leigh Basson:
Sy is in die "Feëtjie"-klas. Sy hou van die skool en dis vir haar lekker om hier te wees. Sy sê ook dat die skool mooi is. Sy weet nie of sy sport sal doen nie, en ken nog nie baie maatjies nie. Sy hou van haar juffrou.

Amberlee Smit:
Sy is ook in die "Muis"-klas. Sy hou van die skool. Dit is vir haar lekker om te werk en sy sê haar klas is mooi. Sy en haar 5 maats speel graag saam. Sy doen nog nie sport nie.

Denisha Pedro:
Sy hou ook van skool en dit is mooi en lekker vir haar. Maar o wee! Daar hardloop Denisha weg! Terwyl ek haar nog vra, maar darem is sy betyds vir haar klas.

Julle Graad Eens is darem baie oulik!

~ Bianca Erasmus

Planetarium 2008


Planete, sterre en meteore ... daar is NIKS wat jy vir dié oom kan vertel nie!

Hy vertel die mees interessante stories van die heelal vir ons. Van Gr 4-7 was welkom om te gaan luister.

Dit was regtig die moeite werd ~ dankie vir 'n heerlike planetariumbesoek!

~ Raynette Dodd